
=====================================================================
Ons Angel-Saksiese pleknaamgewing (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Ons Angel-Saksiese pleknaamgewing

Bun Booyens,   veteraan-kundige op kultuurgebied, kyk na ooglopende en verskuilde motivering tot pleknaamgewing.

SOMMER met die eerste oogopslag kom 'n mens met verwondering (en ontsteltenis) agter dat daar kwistig -- en dikwels wispelturig -- met die 
naamgewing en vernoeming van ons dorpe en gemeentes omgegaan is. En dan praat ons nie eers van die voorname waarmee Boeremense en die 
spogname waarmee ry-, resies- en karperde en plaashonde opgesaal is nie. Dit was 'n modegier in ons sosiale geskiedenis en di het weldra 
s ingeburger geraak dat dit 'n kenmerk van ons lewenstyl geword het.

In ons pleknaamgewing het die naamgewers hulle deur geografiese, topografiese en ekologiese faktore laat lei. Vandaar die Tafelberge, 
Leeupanne, Jakkalslaagtes, Droklowe en Soutriviere waarmee ons wye land uitgestippel is. Hierdie ou name was in die rel beskrywend, 
onderskeidend en boonop welluidend, soos Amandelboom wat later Williston en Goudini wat Rawsonville geword het.

Tydens die Victoriaanse era in ons geskiedenis (1840-1900) was dit mode om Engels te praat, skryf en selfs te preek, en boonop het ho 
owerheidspersone, soos goewerneurs en magistrate, 'n kroniese behae daarin geskep om vernoem te word en by wyse van pleknaamgewing hul 
onsterflikheid te verseker. Let maar op Williston en Rawsonville hierbo en las dan maar die dosyne andersgenoemde en/of herdoopte oorde op 
die landkaart by Colesberg, Sir Lowry's Pass, Caledon, Malmesbury, Wellington.

Die hartseer van die verskynsel l drin versluier dat die oorgrote meerderheid van hierdie vernoemings tevore treffende en 
waarheidsgetroue eerstename ontvang het: Darling (naam van die luitenant-goewerneur) was reeds in Adam Tas se tyd Groenekloof, waarheen die 
Wes-Kaap se boere en handelaars hul vee gestuur het om vir die verbygaande skepe vetgevoer te word, en teen 1813 kon lord Caledon nie 
langer die vleiende versoek (versoeking?) weerstaan om 't Warme Bad vir sy eie naam in te ruil nie.

En so moes talle van ons mooi plek- en gemeentename wat spontaan ontstaan het, opsy staan vir di wat deurlugtige openbare (ook obskure) 
figure en geestelike leiers rondgestrooi het. Die dorp- en gemeentestigters was ook nie vry te spreek nie, want die vernoeming van die 
regeringshoof of siviele kommissaris was 'n manier van armdraai om goedkeuring vir 'n nuwe stigting te bewerkstellig.

Terwyl ek hier skryf, kom die name van 'n klompie van ons bekende plekname wat vanwe verengelsing hul oorspronklike identiteit (tussen 
hakies) moes prysgee, sommerso ongeorden in die gedagte: Malmesbury (Swartland), Carnarvon (Schietfontein), Cradock (Buffelskloof), 
Beaufort-Wes (Hooivlakte), Worcester (Boschjesveld), Somerset-Oos (Boschberg), Clanwilliam (Jan Disselsvlei), Riversdal (Doornkraal), 
Bredasdorp (Langefontein), Prince Albert (Zwartberg), Richmond (Driefontein) Victoria-Wes (Kapokfontein), Napier (Klipdrift), Aberdeen 
(Brakfontein), Ladysmith (Kliprivier), Montagu (Agter-Cogmanskloof), Upington (Olijvenhoutsdrift), Durbanville (Tijgerberg), Harrismith 
(Vredendorp).

Ons kan ons gelukkig ag dat predikante besondere status onder die landelike bevolking geniet het, anders was ons sekerlik met 'n ruimer 
verskeidenheid Brits-georinteerde plekname as hierbo opgesaal. Dorpsname soos Pearston, Murraysburg, Sutherland, Robertson, McGregor, 
Albertinia, Rouxville, Kestell, Marquard, Lckhoff, Lindley, Postmasburg, Joubertina en nog 'n paar ander herinner aan die rol wat 
geestelike leidsmanne -- onder wie ingevoerde Skotte -- onder ons mense in die binneland vervul het.

Daar was slegs n bydraende faktor tot pleknaamgewing wat nie deur die verengelsingsmodegier uitge-elmboog kon word nie: die belewenis van 
waterskaarste. Pleknaamgewing het maar almelee om fonteine, lope, putte, spruite, riviere, vleie en di tipe lots- en gelukbepalende 
verskynsels -- eintlik verdwynsels -- gedraai.

Tydens die feestelikhede rondom die simboliese Ossewatrek in 1938 het ons mense hulle byna vergryp aan die grootskaalse herdoping van 
strate, geboue en dies meer. Vandaar dat daar, helaas, geen dorp in ons land sonder 'n Voortrekker-, Dirkie Uys-, Sarel Cilliers-, Piet 
Retief-, Andries Pretorius- of andersnamige straat of struktuur met 'n Groot Trek-konnotasie te vinde is nie.

Verbeel ek my daar is tans weer so 'n herbenamingsvirus in die land losgelaat? Indien ja, dan sal ons die bovermelde Angel-Saksiese erfenis 
wesenliker en spoediger leer liefkry en koester as wat ons daarvan probeer wegstaan het! Prof. Bun Booyens   is afgetrede hoogleraar in 
Afrikaanse kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5121.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

